Droom in styl
Verblyf word aangebied op 'n bed-en-ontbyt basis.
Omdat daar ’n verskeidenheid van restaurante binne ’n veilige loopafstand is, word aandete nie aangebied nie.
Die 15 kamers van Caledon Villa is elkeen uniek geplaas en ingerig – beslis nie ’n onpersoonlike gang met eentonige kamers nie. Ons sal u graag wil bystaan om ’n nommerpas kamer te kies. Die kamers wissel onderling :
- Standaard (6 eenhede)
- Luuks (4 eenhede)
- Wittebroods (1 eenheid)
- Suite (1 eenheid)
- Gesinseenheid (3 eenhede)
Alle kamers het die volgende standaard items :
- TV-stel met 11 geselekteerde kanale – nasionaal en internasionaal
- Yskas met drankies
- Internet koppeling
- Tee, koffie en beskuit
- Komplimentêre bottel wyn as verwelkoming
- Mandjie met nood-toebehore en haardroër
- Kluis vir kleiner waardevolle items
Ander algemene fasiliteite behels :
- Veilige parkering op die perseel – meestal onderdak
- Kredietkaart fasiliteit vir betalings
- Meertalige bediening (Afrikaans, Engels en Duits)






