7-Dag Uitstappies
Oor vele jare het ons met gaste oor hul dagstappies beraadslaag en met hierdie ervaring as basis het ons 'n 7-dag voorstel geformuleer. Hierdie voorstel stel u in staat om soveel te sien en te ervaar as wat u beskikbare tyd toelaat. Belangrik is om Stellenbosch as u basis te kies. Verder, ons 7-dae Spesiale Aanbod vir akkommodasie is bedoel om hierdie voordeel te ondersteun. In kort:
- Kaapstad en die Skiereiland
- Kaapstad en Robben-Eiland
- Wynland Noord ( Paarl, KWV, diereparke )
- Wynland Suid ( olywe, kaas, wyne )
- Vier bergpasse en Hermanus ( walvisse en fynbos )
- Stellenbosch omgewing ( natuurreserwes, perdry, varswater visvang )
- Ekstra dag in Stellenbosch self en om in die rustige tuin te herstel.
In ons kamers sal u 'n INLIGTINGSLÊER aantref waarin veel meer detail en opsies uiteengesit word. Maar miskien nog belangriker - 'n gesprek met Johan sal die keuses tussen opsies aansienlik vergemaklik.




