South-Africa-Flag-48 United KingdomGreat_Britain Germany

Guesthouse | Accommodation | Stellenbosch | South Africa

Ode se Domein

Ode is die kunstenaar in die huis : musiekmaker, skilder, digter en skrywer.  Maar sy is ook versamelaar van mooi voorwerpe!

 

Porselein:

Onder die dak van Caledon Villa is die Porselein- en Poppekamer. Toegang tot die vertrek is nogal buitengewoon – gebukkend deur ‘n lae deuropening tot in ‘n dogtertjie se droomwêreld ! Hier kan gaste met behulp van ‘n plakkaat meer inligting oor die versameling bekom. Die meeste se reaksie is net eenvoudig : WOW !!

Hier swaai Ode die septer. Sedert 1992 was sy dikwels op besoek in Oos-Duitsland. Hier in die Thüringerwald het sy haar keuse gemaak - hierdie tradisionele tegniek en kuns sal al haar aandag geniet. Sy het naslaanwerke aangeskaf en bestudeer totdat sy elke denkbare merk kon uitlê en toe begin sy stelselmatig oor die internet aankoop. Vandag is daar sowat 200 versamelstukke in haar versameling met ‘n gemiddelde ouderdom van ongeveer 100 jaar.

Porcelein dolls_finaal   


Antropologie:

Sy studeer aan die Universiteite van Stellenbosch en Keulen, Duitsland. Vir haar MA-tesis doen sy veldwerk in Mpumalanga onder die Ndebele-stam – ook bekend as die Mapoggers. Haar tema is die kunswerke van hierdie tradisionele groep mense. 

Tydens hierdie besoeke bekom sy egte voorbeelde van fyn kralewerk en seremoniële volksdrag. Hierdie en nog meer, soos voorwerpe uit Namibië en ou brons stukke uit die Benin-kultuur, is opgeneem in haar volkekundige uitstalling.

Antropologie beeld_Finaal      ok finaal      Antropologie kas_finaal

 
Olieverfskilderye:

Van haar Weiss-ouers het Ode haar waardering vir kuns in die breë ge-erf. Onder hul nalatenskap tel skilderye deur bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars. ‘n Toer deur die huis kan vir die belangstellende interessant wees.

Met talente wat wissel van skilder en skryf tot musiekmaak, gee dit vir Ode vreugde om dit met ander te deel. Maar haar grootste vreugde is om Ouma vir haar kleinkinders te wees.

 

3 skilderye_finaal     Skilderye finaal     Skildery finaal

joomla template 1.6