South-Africa-Flag-48 United KingdomGreat_Britain Germany

Guesthouse | Accommodation | Stellenbosch | South Africa

Meer as bloot bed en ontbyt

Ons MISSIE is om eerder die tweede myl met ons gaste te loop. Die eerste myl – dis nou die bed en ontbyt – vorm natuurlik die basis van u gerief en tevredenheid en moet dus van die hoogste gehalte wees. Die tweede myl behels o.a. waarde-toevoegings soos: 

  • By ontvangs word u met iets te drinke en vars gebak verwelkom
  • ’n Dorpskaart word aan u oorhandig en behoeftes bespreek
  • U word na u kamer vergesel en parkering en sleutels word verduidelik
  • Allerlei besprekings word op versoek namens u gemaak
  • Vervoer van en na die lughawe of bushaltes word namens u gereël
  • Detail beplanning van daguitstappies volgens u aanduidings en wense
  • Streekstoere na die binneland of kusgebiede kan met u bespreek en beplan word.

Uit ons diverse persoonlike gesprekke kan ons soms as skakelpersoon optree om nuwe sake of akademiese kontak uit te bou. Ten spyte van al die intellektuele uitdagings wat Stellenbosch bied, kan u ook besluit om bloot net te ontspan – in die son langs die swembad of in die koelte van die rustige gazebo...

Om hierdie MISSIE ten volle te kan uitleef, het ons in Caledon Villa fisiese en intellektuele hulpmiddels geskep. Ons eie leefruimte het ons verbreed om ook daarin ruimte vir ons gaste te skep.

joomla template 1.6

gaste in_tuin_finaal

Kaarte ens_finaal

Kaarte en_Brosjures_Finaal