Selfsorg
Vir diegene wat verkies om op 'n selfsorg basis by ons te oornag, is daar 'n verskeidenheid van 8 eenhede, elk met sy eie kombuisgeriewe.
Op hierdie basis word kamerdiens twee keer per week aangebied. Indien u per geleentheid wel ontbyt wil geniet, kan u met ons daarvoor reël. Ons sal dit eintlik verwelkom!
In die kantoor sal ons u graag met enige navrae wil help.





