Opmerkinge oor Tariewe
- Tariewe sluit in : ontbyt, 14% BTW en welwillenheidsgebare by aankoms.
- Besprekings sal bevestig word op ontvangs van ‘n 50% deposito of ‘n waarborg vir dieselfde bedrag by wyse van ‘n kredietkaart. By laat kansellasie mag ‘n 50%-fooi gehef word indien die betrokke kamers onverhuurd bly.
- Tariewe sluit uit : vervoer, telefoon, faks, wasserykoste en internet gebruik.
- Visa en Mastercard word vir betaling aanvaar. Met ander kredietkaarte mag ‘n persentasie toegevoeg word.
- Kinders is welkom saam met ouers, maar dan slegs indien ‘n gesinseenheid beskikbaar is.
- Bogenoemde tariewe is onderhewig aan verstelling sonder vooraf kennisgewing.
- In CV is ‘n klein enkelkamer wat beskikbaar gestel kan word aan die gids van toergroepe
[a] kosteloos sou die groep meer as 10 lede hê
[b] teen ‘n tarief van R300 / nag vir ‘n groep met meer as 5 lede
- Hierdie tariewe is gekies om ‘n maksimum van 10% kommissie vir reisagente te voorsien. By herhaalde besprekings deur ‘n bepaalde reisagentskap sal hierdie beleid egter in heroorweging geneem word.



