Spesiale Aanbiedinge
Ons probeer om op alle terreine in u behoeftes te voorsien ...
... ook wanneer dit by u begroting en die beplanning van 'n besoek aan Caledon Villa kom. Ons bied verskillende spesiale pakette aan sowel as 'n vloeibare tariefstruktuur.
Oorweeg die volgende:
WEEKLANGE VERBLYF
As u 7 nagte en langer bespreek, dan kry u een nag gratis verblyf. Hierdie aanbod ondersteun ons voorstel van 7-dae uitstappies.
[aanbod geld slegs vir die maande Mei tot September]
STUDENTE ONTBYT AANBOD
Ouers wat by Caledon Villa bespreek is, mag hulle studente kinders aan die plaaslike Universiteit saambring vir een ontbyt per bespreking. Hierdie komplimentêre uitnodiging geld dwarsdeur die jaar.



